Ek haat “populêre” Afrikaanse musiek met ‘n brandende passie.
Leanie May se Bietjie Benoni-dommigheid in ’n Harties-kaggel-kakkie-markie het my oor die afgrond gedruk. Nie dat iemand ’n kontinentale f@k omgee dat sy regte geld maak met hierdie leë, breindood k@k nie. Sy en haar mede-“kunstenaars”. Ek is oortuig daarvan dat hulle kunsmatige intelligensie NIE genoeg gebruik nie, en ek dring aan dat hierdie sogenaamde “strydrosse vir die Afrikaanse taal” ten minste 70% van hul materiaal deur KI laat skryf. Daar moet ‘n wetenskaplike manier wees om die kaf van die koring te skei. Regstellende Aksie, maar met ’n opwaartse breintrajek.
Gee slim ‘n kans. Gee die FOPK, die Anton Goosens, die Koos Doeps, die Valiants, ‘n kans.