r/afrikaans

Image 1 — Afrikaanse kunstenaars op YouTube: kyke, liedjies en intekenaars
Image 2 — Afrikaanse kunstenaars op YouTube: kyke, liedjies en intekenaars
Image 3 — Afrikaanse kunstenaars op YouTube: kyke, liedjies en intekenaars
Image 4 — Afrikaanse kunstenaars op YouTube: kyke, liedjies en intekenaars
Image 5 — Afrikaanse kunstenaars op YouTube: kyke, liedjies en intekenaars

Afrikaanse kunstenaars op YouTube: kyke, liedjies en intekenaars

Metodologie

55 Afrikaanse kunstenaars. Bronne: YouTube Data API en Viberate, getrek op 11 Okt 2026.

-Afgelope jaar:Maandelikse kyke per hoofkanaal (Viberate), Okt 2025 tot Okt 2026. VEVO en YouTube Music ingesluit, platemaatskappye nie.

- Van alle tye:Eie kanale plus liedjies op platemaatskappye en ander kunstenaars se kanale (YouTube API). Duplikate word een keer getel.

- Liedjies:Alle weergawes saamgetel. Shorts en nie-musiekvideo's uitgesluit. Samewerkings tel by elke kunstenaar wat genoem word.

-Beperkings: Geen maandelikse syfers vir Brendan Peyper, Refentse, Adam Tas en Jay du Plessis nie. Syfers vir Nicholis Louw, Pieter Smith en DJ Ossewa is te laag, omdat hul hoofkanaal ontbreek.

u/Oudedoos — 4 days ago

Hulp met ou afrikaanse kinderstorie.....

Ek is op soek na die Afrikaanse Dawie die Kabouter reeks.

Ek weet mens kan baie soortgelyke reekse op youtube kry (Moemin, Nils Holgerson ens.), maar dit wil vir my voorkom asof die Dawie reeks skaarser is as hoendertande.

Weet iemand dalk waar ek dit in die hande kan kry?

reddit.com
u/Mulitpotentialite — 4 days ago

Afrikaanse Films

Hallo almal,

Ek wil baie graag al daai 2000’s Afrikaanse films kyk en aflaai om te hou - maar waar kyk jul dit deesdae? Showmax was ń goeie opsie maar nou is dit weg. Youtube het verskriklik baie van dit maar die kwaliteit is nie die beste.

Is daar dalk enige webtuistes waarvan julle ken? Ek het ook al baie gelees van webtuistes soos MyAfrikaans, maar tog as jy deur hul films kyk is dié flieks nie daar nie.

Ek soek graag na dié tipe van films:

Bakgat!
Semi-Soet
ń Pawpaw Vir My Darling
Vir Die Voëls
Sy Klink Soos Lente
Vir Altyd
Strikdas
Knysna
Leading Lady
Suurlemoen
As Jy Sing
Susters
Thys & Trix
Kampterrein

Dankie baie :)

reddit.com
u/MotionMadness2 — 5 days ago
▲ 7 r/afrikaans+1 crossposts

Needing help with an Afrikaans project

I need help with getting an extract of literature that demonstrates the language features of orange river Afrikaans.

reddit.com
u/Jazzy-Sloth — 5 days ago
▲ 99 r/afrikaans+1 crossposts

Fokofpolisiekar was one of the most, if not the most, influential Afrikaans rock bands of the last 20 years and a soundtrack to many a highschool career.

Formed in Bellville, Cape Town, in 2003, Fokofpolisiekar detonated a cultural bomb in conservative white South Africa. Choosing a deliberately offensive name, the five-piece punk rock band became the defining voice for a generation of Afrikaans youth suffocating under the weight of Calvinist traditions, post-apartheid shifts, and suburban monotony. For thousands of teenagers navigating high school in the 2000s, they were much more than just a band. They were a rebellion.

Before Fokofpolisiekar, Afrikaans youth culture was heavily dominated by rugby, church, and sanitized pop music. With their seminal 2004 debut album Lugsteuring, they gave their audience permission to be angry and unapologetic. Tracks like "Hemel op die Platteland" questioned religion directly, while lyricist Hunter Kennedy articulated a shared existential dread. Their sweaty, cathartic gigs became sanctuaries where teenagers could scream out their frustrations in their mother tongue, finding a gritty realism that spoke directly to their adolescent alienation.

Their impact extended far beyond distortion pedals by proving that Afrikaans could be a medium for modern, counter-cultural expression. By separating the language from its oppressive political history, they paved the way for the "Bellville Rock City" movement and subsequent spin-off acts like aKING and Die Heuwels Fantasties. Two decades later, Fokofpolisiekar has transitioned from controversial outcasts to revered industry veterans. For the millennials who once sharpied the band's logo onto their canvas school bags, their music remains a visceral reminder of the soundtrack that helped them survive their youth.
https://www.dazeddigital.com/artsandculture/article/7570/1/south-africa-special-fokofpolisiekar

u/blesandthebridges — 6 days ago

Sorry. 🫢

I hope I didn’t offend anyone when I said I studied Afrikaans grammar for a week or less. I didn’t mean to make it sound like Afrikaans is easy or that learning grammar quickly is something everyone should be able to do.

I studied German a long time ago and I’m learning Japanese, so the word order and double negatives didn’t confuse me. I’m still learning, though. I haven’t even studied conditionals yet, and I’m still practising until the sentence structures become second nature. 💚

reddit.com
u/dariessan — 6 days ago

Hoekom is hierdie verkiesingseisoen so treurig?

Dis minder as vier weke voor die verkiesing. Daar is net twee politieke partye se plakkate op in my dorp (DA en VF+). Ek ry baie rond en het sovêr net 4 partye in totaal se plakkate gesien (die ander twee is ANC en ATM).

Ek het nog nie een wykskandidaat-plakkaat gesien nie, nêrens nie. Ek moes op die OVK se webtuiste gaan rondsoek om uit te vind wie die kandidate vir my wyk is.

Ek het nog een politieke gazebo in die verte gesien, verder het ek mis d raakgeloop op.straat wat 'n veldtog voer nie.

Gewoonlik so kort voor 'n verkiesing is daar 'n veldtog elke 3de dag en 'n optog elke 2 dag. Maar die jaar voel dit asof die mense nie eers probeer nie.

Is dit net hier in die Overberg waar dit so stil is, of is dit op ander plekke ook so stil? Hoekom dink julle is dit so stil?

reddit.com
u/Handsome_Bread_Roll — 7 days ago

Hoe die Plaaslike Regeringsverkiesings werk, 'n verduideliking:

Die plaaslike regeringsverkiesing (ook bekend as die munisipale verkiesings) is op pad en jy wil gaan stem, maar weet nie regtig hoe die verkiesings en munisipaliteite werk nie. Die mense praat van allerhande dinge soos korrektiewe proporsionele verdeling, wyke, hierdie tipe raad en daardie tipe setel. Dan vertel die een party vir jou dat om vir 'n klein party te stem is 'n kak idee en die klein partye vertel vir jou maar nee, jy mors nie jou stem nie. Ek verstaan, jy voel later soos 'n verkleurmannetjie op 'n Smartie-boks, maar hopelik klaar hierdie plasing dinge vir jou uit.

Ek is nie verbind aan 'n politieke party nie en stem ook nie altyd vir die selfde party nie, so hierdie plasing het nie die agenda om 'n spesifieke party te bevorder nie. Maar ek werk ook nie vir die OVK (Onafhanklike Verkiesingskomitee, IEC in Engels) nie, so ek gaan ook nie 100% neutraal bly nie, op die ou end is ek my eie mens.

Eerstens: is jy geregistreer?

Jy moet geregistreer wees om te kan stem. Dit beteken dat jy iewers in die verlede op 'n registrasiedag na jou relevante stemlokaal toe moes gaan en daar geregistreer het.

HOE GAAN EK MY REGISTRASIE NA?

Gaan na https://www.elections.org.za/pw/Voter/voter-information, tik jou ID-nommer in, en kaboemmielies, jy sal jou antwoord kry.

MOET EK ELKE KEER REGISTREER / WAT AS EK GETREK HET?

As jy een keer geregistreer het by 'n stemlokaal bly jy daar geregistreer, tensy jy weer op 'n ander plek gaan registreer. As jy in 2014 geregistreer het om te stem by Laerskool Bellville-Noord en jy het nooit getrek nie, dan het jy nie 'n probleem nie. Jy bly daar geregistreer.

As jy trek word daar van jou verwag om te weer te registreer by die nuwe relevante stemlokaal, andersins moet jy aanhou stem by jou ou lokaal.

As jy byvoorbeeld by Die Stoor in Stanford (Overstrand Munisipalitiet) geregistreer het en jy het intussen getrek Bredasdorp toe (Kaap Agulhas Munisipaliteit), maar jy het nie jou registrasie verander nie, dan dan sal jy op 4 November maar Stanford toe moet ry en vir jou ou munisipaliteit moet stem.

As jy by Die Stoor in Stanford gestem het, maar jy het intussen uit jou ouershuis uitgetrek en werk nou in Pretoria en het nooit herregistreer nie, wel dan het jy 'n fokken probleempie en moet jy maar vir jou ma gaan kuier vir 'n slag.

AS JY NOOIT GEREGISTREER HET NIE

Dan kan jy netsowel poep in die wind, want niks gaan jou help nie.

Hoekom is munisipaliteite belangrik?

Jou munisipaliteit beïnvloed die dag tot dag dienslewering wat jy ervaar. Die munisipaliteite kry miljarde rande van die nasionale regering en nog miljarde rande van belastingsbetalers deur dinge soos eiendomsbelasting. Hulle gebruik dan daai geld om huise te bou, strate te teer, en water in jou krane te sit. Of hulle steel net bloot die geld.

Die munisipale raad het die mag om eiendomsbelastings en fooie vir munisipale dienste te stel. Hulle het 'n groot sê oor of daar meer huise in jou buurt gebou gaan word en of daar eerder parkies geskep gaan word, byvoorbeeld.

Baie van die goed waaroor jy kla word direk deur jou munisipaliteit beïnvloed. So gaan stem.

Metro vs. Plaaslike en Distrik-Regerings

Hoe die stembriewe en regering werk verskil van of jy in 'n metropolitaanse munisipaliteit bly en of jy eerder in 'n plaaslike munisipaliteit bly (wat deel is van 'n distrik). Daar is 8 metros in Suid-Afrika, onder andere Kaapstad, Tshwane (Pretoria), en selfs Mangaung (Bloemfontein) vir een of ander rede. As jy nie in 'n metro bly nie dan bly jy in 'n plaaslike munisipaliteit wat deel vorm van 'n distriksmunisipaliteit, byvoorbeeld die Kouga Plaaslike Munisipaliteit (Jeffreysbaai ens.) wat deel vorm van die Sarah Baartman Distriksmunisipaliteit.

Metro

As jy in 'n metro gaan stem kry jy 2 stembriewe: wyk en proporsioneel. Die metroraad bestaan uit ±50% wyksraadslede en ±50% proporsionele raadslede. Dit is by die metroraad waar die burgemeester bepaal word, die burgemeesterkomitee aangestel word, en waar besluite geneem word oor die bestuur van jou metro. Hulle beïnvloed jou alledaagse lewe.

WYK

Jou wyksraadlid is daar om jou buurt te verteenwoordig in die stadsraad. Verder, as jou straatlig stukkend is of daar 'n bordeel oopgemaak word in jou straat, is jy veronderstel om die wyksraadslid te kontak sodat hy/sy dit oplos.

Jy stem in prinsiep vir 'n persoon en nie 'n party nie. Maar 99% van die kandidate is deur 'n party aangewys.

Daar is net 1 setel beskikbaar vir jou wyk. Die kandidaat met die meeste stemme wen die wyk. As Koos Koekemoer van die Mampara Party 9040 stemme gekry het in jou wyk, Wyk 3, en Martie Martelgat van Malkop Alliansie het 9020 stemme gekry, dan kry Koos 100% van die 1 setel vir Wyk 3 en Martie kry fokol.

Is dit 'n mors van my stem as ek vir Martie van Malkop Allianse (MA) gestem het?

Nee, jou wykskandidaatstem word saam met die proporsionele stemme getel as 'n stem vir MA in die geheel. Dit help MA se algehele setels in die raad.

Maar as jy vir 'n onafhanklike kandidaat in jou wyk gestem het, dan kan jou wykstem nie getel word saam met die proporsionele stemme nie.

So kom die stryde in wyke neer op 'n stryd tussen die twee grootse partye, die ANC en DA?

Nee, nie noodwendig nie. Elke wyk het sy eie sterk partye en eie politiek. Daar is wyke waar dit 'n stryd is tussen die DA en VF+, of waar dit 'n stryd is tussen die ANC en EFF, of waar dit 'n stryd is tussen 'n klomp klein partye waarvan jy nog nooit gehoor het en die DA en ANC nie 'n faktor is nie.

Dit verg nie veel verstand nie om na jou wyk te kyk en te dink watter tipe partye is die sterkste in jou wyk. Jy moet net bewus wees van wat om jou aangaan.

Nou raak ek minder neutraal: die Demokratiese Alliansie is lief vir die deuntjie dat "'n Stem vir 'n klein party is 'n gemorste stem." Wel, in daai geval as Kagiso in Wyk 10 Polokwane vir die DA wou stem, het hy sy stem gemors want die DA is baie klein in daai wyk.

So stem vir wie jy wil, maar dink tog daaroor voor jy dit doen.

DIE PROPORSIONELE STEM

±50% van die metroraad bestaan uit proporsionele stemme. Elke politieke party dien 'n lys van proporsionele setel kandidate in. Nadat die stemme getel is en die proporsionele verdeling bereken is sal die Malkop Alliansie ingelig word dat die eerste 6 kandidate op hulle lys 'n setel kry. (Dalk is Martie Martelgat ook op daai lys, dan kry sy tog 'n setel).

Onthou die wykstemme en proporsionele stemme word saam getel. Bv: in totaal het Malkop Alliansie 80 459 stemme gekry dit is 6% van al die stemme in die munisipaliteit.

Alle kiesers in 'n metro kry dieselfde proporsionele stembrief.

Die proporsionele setels word op 'n korrektiewe basis uitgedeel:

Dit is sodat in geheel die raad se verdeling die proporsionele stem verteenwoordig. Byvoorbeeld: die Volstroom Metroraad het 100 setels, 50 wyke en 50 proporsioneel. Die Mamparra Party het 38 van die 50 wyke gewen, maar net 48% van die stemme gewen. Dus kry hulle net 10 van die 50 proporsionele setels (nie 24 nie) sodat hulle 48/100 setels in totaal het.

Hier is waar dit saak maak vir klein partye.

Die Malkop Alliansie is 'n klein party. Hulle het geen wyksetels gewen nie, maar het 6% van die totale stemme gekry. Dus kry hulle 6 van die 50 proporsionele setels (nie 3 nie) sodat hulle in totaal 6/100 setels het. MA vorm nou 'n koalisie met MP en so kry die klein party MA 'n redelike invloed oor die raad.

Klein partye kry gereeld verteenwoordiging deur die proporsionele setel. In Kaapstad het selfs die Kaapse Onafhanklikheidsparty 1 setel gekry. In Johannesburg het die Patriotiese Alliansie van alle partye al 'n burgermeester gehad.

Plaaslike En Distriksrade

As jy in 'n plaaslike munisipaliteit bly kry jy 3 stembriewe: wyksraadslid vir plaaslike raad, plaaslike raad proporsioneel, distriksraad proporsioneel.

WAT DOEN DIE PLAASLIKE RAAD

Dit is die raad wat die tipies grootste invloed het op jou lewe. Hulle teer meeste van die strate in jou dorp, sorg vir die water, sorg vir die krag (as jy in 'n dorpshuis bly), bepaal die eiendomsbelasting, ens. Hulle bepaal die burgemeester en burgemeesterkomitee vir jou plaaslike munisipaliteit.

WAT DOEN DIE DISTRIKSRAAD

Die distriksraad is 'n koalisie van verskeie plaaslike munisipaliteite. Byvoorbeeld: die Tuinroete-Distrik bestaan uit die volgende plaaslike munisipaliteite: Kannaland (Ladismith), Hessequa (Riversdal en Stilbaai), Mosselbaai, George, Knysna, Oudtshoorn, Bitou (Plettenbergbaai).

Die distriksraad se funksies is hoofsaaklik om funksies te verskaf wat te duur of te ingewikkeld is vir 'n kleiner plaaslike raad om te verskaf. Dis sluit in dinge soos dienslewering in landelike areas (die omsien van plaaspaaie), kollektiewe funksies soos brandweer, en selfs die koördinering van hulpbronne tydens krisisse. Byvoorbeeld: Knysna Munisipaliteit word tans kak bestuur. Die vullisplek in Knysna was later so wanbestuur dat die Tuinroete-Distriksraad moes ingryp en hulpbronne uit naburende plaaslike munisipaliteite moes kry om die gemors te gaan help skoonmaak.

'n Distriksraad stel ook 'n burgemeester en -kommitee aan vir die distriksmunisipaliteit.

WYKSRAADSLID VIR PLAASLIKE RAAD

Dieselfde as die wyksraadlid in 'n metro.

Die verdeling van die raad is ook ± 50/50 tussen proporsionele setels en wyke.

Wat wel anders is, is dat in baie plaaslike rade is daar min setels, bv. die Cederberg Munisipale Raad het net 11 setels waarvan 6 wyke is. So as 'n kandidaat van 'n party 'n wyk wen is dit 'n groot en belangrike wen.

PROPORSIONELE STEM VIR PLAASLIKE RAAD

Ook dieselfde storie as by 'n metro. Maar hier is dit belangrik om te verstaan dat baie plaaslike munisipaliteite klein rade het. As jou munisipaliteit net 10 proporsionele setels het en jy gaan stem vir 'n 1% party, dan gaan dit fokol help nie.

Tog weens die korrektiewe proporsionele sisteem en 'n komplekse grootse res-metode ("highest remainder method" wat ek nie gaan verduidelik nie) kan klein partye tog proporsionele setels wen. In 2021 het die VF+ 3.16% van die stemme in Cederberg gekry, maar tog 1 van die 5 proporsionele setels gekry en dus 1/11 verteenwoordiging in die raad gekry (±9% verteenwoordiging).

Hier is die ding, in die koalisiepolitiek van vandag tel elke stem in 'n plaaslike raad.

PROPORSIONELE STEM VIR DISTRIKRAAD

Jou derde stem is die direkte stem vir die distriksraad. Alle kiesers in 'n distrik kry dieselfde distriksraad proporsionele stembrief.

±40% van 'n distriksraad se setels is proporsioneel. Hierdie setels word nie korrektief toegestaan nie. As party A 60% van die stemme kry op hierdie stembrief en die distriksraad (bv. Overberg) het 10 proporsionele setels, dan kry party A 6/10 van die setels, ongeag van hoeveel van die ander setels hulle het in die raad.

Die ander 60% van die setels in die distriksraad, die plaaslike munisipaliteite se verteenwoordigers

Die ander 60% van die setels in die distrik bestaan uit verteenwoordigers uit die plaaslike rade. Byvoorbeeld: Die Overberg Distriksraad het 13 van hierdie tipe setels. Hoeveel verteenwoordigers elke munisipaliteit kry word bepaal deur die aantal kiesers (nie totale bevolking nie) in elke plaaslike munisipaliteit. In 2021 het die Overstrand Plaaslike Munisipaliteit 5 verteenwoordigers gekry, Theewaterskloof 5, Kaap Agulhas 2 en Swellendam maar net enetjie (foeitog).

Nou, as jy in die Overstrand (Hermanus, Gansbaai ens.) bly stem jy indirek vir die 5 mense wat die Overstrand Plaaslike gaan verteenwoordig in die Overberg Distriksraad. Die Overstrand Plaaslike Raad stem dan vir wie hulle gaan stuur Overberg Distriksraad toe, maar die verdeling van die 5 verteenwoordigers moet min of meer ooreenstem met die politieke verdeling van die Overstrand Plaaslike Raad.

Ek hoop hierdie verklaar jou vrae. Plaaslike verkiesings is baie opwindend. Jou stem tel en dis belangrik. So gaan stem.

reddit.com
u/Handsome_Bread_Roll — 7 days ago
▲ 135 r/afrikaans+1 crossposts

Daardie sorglose dae toe ek in die sitkamer op die mat in die son kon lê en hierdie in my verbeelding kon ontsnap…

Trompie is a beloved, classic South African youth fiction series written by Topsy Smith (the pen name of Matthys Gerhardus Smith) between 1950 and 1970. The series follows the misadventures of the freckle-faced, eleven-year-old Trompie Toerien, the self-proclaimed "Grootkaptein" (Captain) of the Boksombende in the small fictional town of Kwaggaberg.

https://www.goodreads.com/series/86483-trompie

u/blesandthebridges — 13 days ago
▲ 36 r/afrikaans+8 crossposts

Join the Afriklang Talent Pool Speakers & Annotators

🇳🇬 Nigerians — your languages are worth money, but are you being paid for it?

Google, Meta, OpenAI are spending billions to build AI that understands the world; but Yoruba, Igbo, and Hausa are still largely invisible to these systems. Not because they're not valuable. Because no one has organised native speakers to contribute.

That's exactly what we're building at Afriklang — a Pan-African startup creating high-quality language datasets so AI finally works for us, not just around us.

💰 What's in it for you:

✅ Get paid to contribute voice & text data in your language

✅ All you need is your phone — work from anywhere, on your schedule

✅ No technical background needed — your native fluency is the skill

✅ Early members get priority access to higher-paying projects as we scale

Yoruba. Igbo. Hausa. Over 200 million speakers combined — and AI barely understands any of them. The speakers who join now will be first in line when demand explodes.

This is ground floor. Don't sleep on it.

👉 Join our speaker network: https://www.afriklang.com/en/contribute

Drop a comment or DM me directly — my team and I respond to everyone personally.

afriklang.com
u/Konban__wa — 13 days ago

Making up sentences

Hallo! I'm russian. I started learning Afrikaans when I had heard an Early B rap song. I don't know what you think about him but the language sounded really cool! It's so sharp and punchy.

I bought a dictionary and chose the first verb, colours and clothing words. And I'm making up my own sentences and questions to them.

Learning Afrikaans feels like learning English as a child. It's soo fun!

u/dariessan — 13 days ago
▲ 27 r/afrikaans+1 crossposts

South Africans love rusks. What type is your favorite? Does anyone in your family still bake their own rusks?

u/blesandthebridges — 14 days ago
▲ 18 r/afrikaans+1 crossposts

Woordfees 2026 highlights Stellenbosch viticulture and wine heritage

As Stellenbosch Wine Routes celebrates its 55th anniversary this year, the upcoming Woordfees (3–11 October) will put a spotlight on the region’s rich viticultural heritage, farm stories, and key cultivars.

Beyond its literary and arts lineup, the festival offers agricultural enthusiasts and wine producers an opportunity to engage directly with local winemakers, viticultural history, and terroir-driven storytelling.

Sauvignon Blanc & Terroir in the Spotlight

A key highlight for industry observers is a panel discussion and tasting centered on South Africa’s top-selling variety, Sauvignon Blanc. Hosted on October 8 at 18:00, the session explores how distinct microclimates—from coastal sites to inland slopes—shape stylistic expressions and aging potential. The discussion will be anchored by the launch of The Story of South African Sauvignon Blanc, a book detailing a hundred farm stories and featuring the cultivar’s official aroma wheel.

Exploring Agritourism and the Dwarsrivier Valley

The festival also highlights rural agritourism with guided tours through the historic Dwarsrivier Valley:

**Valley History & Walk (Oct 10, 10:00):**Starting at Le Pommier Wine Estate, this photo-walk guides participants through Pniel, Johannesdal, and Kylemore, showcasing the agricultural landscapes and local community heritage.

Mountain Trail Hike (Oct 10, 06:00): A guided circular route from Le Pommier to Silvermine, focusing on the topography and unique environment framing the valley’s vineyards.

https://agrinews.co.za/woordfees-2026-highlights-stellenbosch-viticulture/

u/blesandthebridges — 14 days ago