u/MotionMadness2

Afrikaanse Films

Hallo almal,

Ek wil baie graag al daai 2000’s Afrikaanse films kyk en aflaai om te hou - maar waar kyk jul dit deesdae? Showmax was ń goeie opsie maar nou is dit weg. Youtube het verskriklik baie van dit maar die kwaliteit is nie die beste.

Is daar dalk enige webtuistes waarvan julle ken? Ek het ook al baie gelees van webtuistes soos MyAfrikaans, maar tog as jy deur hul films kyk is dié flieks nie daar nie.

Ek soek graag na dié tipe van films:

Bakgat!
Semi-Soet
ń Pawpaw Vir My Darling
Vir Die Voëls
Sy Klink Soos Lente
Vir Altyd
Strikdas
Knysna
Leading Lady
Suurlemoen
As Jy Sing
Susters
Thys & Trix
Kampterrein

Dankie baie :)

reddit.com
u/MotionMadness2 — 5 days ago

Kombuistee / ramparty

Hallo julle almal,

So ek sit tans met ń “save the date” kaartjie maar die ding is, die paartjie se bachelor’s / bachelorette gaan saam gehou word by dieselfde plek op dieselfde dag.

So nou my vraag is, hoe sou jy dit op die kaartjie skryf? Die uitnodiging is ook in Afrikaans en sovêr ek weet het ons nie rerig ń term vir dit saam nie. Ek wil nou nie die hele kaartjie afrikaans maak en dan so net gaan skryf “Julle word hartlik uitgenooi na * & * se bachelor’s / bachelorette.” nie.

So wat stel julle voor?

Dankie 🙏

reddit.com
u/MotionMadness2 — 4 months ago