u/Environmental_Bat142

Semi- Aftrede in Suid Afrika

Ek het Suid - Afrika so 15 jaar terug verlaat en myself relatief goed in Europa gevestig.

Ek moet egter erken dat ek heeltemal uitgebrand is en oorweeg ‘n semi- aftrede (wanneer ek ook 3 jaar 50 word). In prinsiep kan ek van al my bates hier ontslae raak en ‚n relatiewe hoë bedrag terugbring SA toe. Ook sal ek van ouderdom 67 n relatiewe klein Europese pensioen kry (Ongeveer ZAR 20 000 per maand na belasting - maar ek dink die bates wat ek opgegaar het behoort relatief lank te hou - so die europese pensioen gaan maar net gaatjies vul teen daai tyd).. Ek glo ook dat ek in SA ekstra geld kan maak as konsultant - maar wil nie druk op myself sit nie en nie formeel in die mark werk nie.

Ek sal nooit in Europa kan aftree met die geld wat ek het tot ek ten minste 63 is nie. Dit klink soms of mens ryk is as jy na Rand convert- maar hier gaan dit maar sukkel (al spaar ons hard)

Ek kan dalk vasbyt hier tot 55 - as dit moet en dan na SA kom - met meer geld.

Voordele hier:
Skoon, veilig, goeie inkomste (in SA terme), goeie gesondheidsorg

Nadele in Europa:
Alles is duur, Oorwerk, oormoeg, burokrasie, onvriendelikheid, werk om te leef.
Rentekoerse is baie laag in Europa - So my geld groei in elkgeval nie in normale beleggings nie. Ek belê in buitelandse fondse tans (Old Mutual Wealth etc)

Vrae - Is ek mal om terug te wil keer? Sien julle die situasie word net erger?
Hoeveel geld sal mens moet hê om relatief gemaklik te kan leef sonder 'n gereelde inkomste. Sal mens met 3-4 miljoen kan regkom met 'n huis/woonstel in a goeie area.Wat sal mens dan on top maandeliks moet budget (Medies, sekuriteit ens)..

Waar is die beste plek nou vir so semi- aftrede? Suidkus?

Wil maar net opinies hoor - Ek bespreek hierdie ook glad nie met my partner nie- Moet eers so bietjie nog deurdink 🤪 lol

reddit.com
u/Environmental_Bat142 — 8 days ago