Moer ’n Boer Seisoen 3 Amptelike Lokprent is HIER! — Dit gaan oor die hart, die gesinne en die gees van ons mense 🚜🥊🔥
Die wag is uiteindelik verby. Ons het sopas die amptelike lokprent vir Seisoen 3 van Moer ’n Boer gedrop, en julle kan dit hieronder kyk!
As julle dink julle weet wat om te verwag na die laaste twee seisoene, maak gereed vir ’n massiewe verrassing. Vanjaar het ons dinge dieper gevat. Soos ons regisseur, Stephan Guldenpfennig, dit stel: “Ek het ingekom en gedink ek gaan ’n program oor MMA maak, maar baie vinnig besef dis nie waaroor hierdie reeks gaan nie. Dit gaan oor gewone mense wat hul hande opsteek en sê: ‘Ek gaan kyk waartoe ek in staat is.’”
Van die rooi Kalahari-sand van Marydale tot die groentelande in Letsitele - hierdie is die rou, ongetemperde storie van 20 voltydse boere wat hul bakkies en landerye verruil vir MMA-gloves. Maar meer as dit, wys dit die gesinne, die vrouens, die kinders en die hele gemeenskappe wat bankvas agter hierdie manne staan terwyl hulle hulself heeltemal uit hul gemaksones uitdruk.
Merke vir julle kalenders:
18 Julie 2026: Seisoen 3 skop amptelik af op kykNET!
1Augustus 2026: Versus Fight Night 20 en die Amptelike Moer 'n Boer perskonferensie.
19 September 2026: Die groot Finaal — 10 massiewe gevegte waar alles op die lyn gesit word.