u/faan-pen

Vir Claret

Vir Claret

drie glase wyn en jy

nooi my om die mooi

van my begeer

op papier neer te lê

met ʼn koestering dat die brief

jou skoonheid sal besing.

Sal jy, na soveel jaar, vatbaar wees

daarvoor?

die dag toe ons skei

(onthou ek nog die trappies na die onderste hof B)

het jy saggies

uit my hart padgegee

na vreemde streke waar ek

nie kon bykom.

Ek onthou, Claret;

jou lippe rooi en jy

vir my met kroon juwele

getooi

maar skitter jou woorde

van verlief en

die omgee in jou hart

meer helder as die blinkste diamant.

Begeer ek, soos voëltjies

in paringsvlug, in die stil

en donker nag jou sien

en praat en lag

en vat.

Ek moet nou ophou skryf

die wyn het sy

toegeeflikheid verys,

en vêr is jy,

vry,

Claret.

Kopiereg Faan Myburgh, 2026.

reddit.com
u/faan-pen — 7 days ago

Die oop venster

die oop venster

die oop venster is ingekleur

in herfs winter lente

somer

seisoene vlieg verby,

die oop venster is geraam

buite kraam die dag/nag se

eerste son of maanlig

binne verdoof die nag/dag se

skerp/dowwe lig,

die oop venster is leeg

eensaam gesoom aan die

een sy

aan die ander ʼn warboel om

te vermy,

die oop venster is uitlokkend

na ʼn uiting

van die skadu binne in

ʼn openbaring

maar

die oop venster is soos

ʼn wag wat gordyne bang

teen onervare dae

ophang,

die oop venster laat

spinnekoppe

in en uit

Faan Myburgh, 2026. Kopiereg.

reddit.com
u/faan-pen — 14 days ago

Faan Myburgh

agter die glimlag

in ʼn skuilhoek

agter die glimlag

oor jou paljas

gesig

is jy ontroer soos

ʼn waterval oor

die afgrond stort is

in jou oë

bewe jou lippe

los/vas teen die

melancholieke

reën

verby die glimlag

is jy alleen

Faan Myburgh, 2026.

reddit.com
u/faan-pen — 22 days ago