Vir Claret
Vir Claret
drie glase wyn en jy
nooi my om die mooi
van my begeer
op papier neer te lê
met ʼn koestering dat die brief
jou skoonheid sal besing.
Sal jy, na soveel jaar, vatbaar wees
daarvoor?
die dag toe ons skei
(onthou ek nog die trappies na die onderste hof B)
het jy saggies
uit my hart padgegee
na vreemde streke waar ek
nie kon bykom.
Ek onthou, Claret;
jou lippe rooi en jy
vir my met kroon juwele
getooi
maar skitter jou woorde
van verlief en
die omgee in jou hart
meer helder as die blinkste diamant.
Begeer ek, soos voëltjies
in paringsvlug, in die stil
en donker nag jou sien
en praat en lag
en vat.
Ek moet nou ophou skryf
die wyn het sy
toegeeflikheid verys,
en vêr is jy,
vry,
Claret.
Kopiereg Faan Myburgh, 2026.