Is 'Bediende' die verkeerde woord om te gebruik?
Onlangs was daar 'n gesprek in my area se whatsapp groep waar iemand sê dis verkeerd en afbrekend om na huishulp te verwys as 'n bediende.
Hulle redeneer dat dit klink soos en verwys na slave.
Ek kan hulle redenasie verstaan, maar ekt groot geword met die woord bediende en nooit iets verkeerds gesien daarmee nie.
Asb laat weet my of dit verkeerd is of nie? Wat gebruik julle om te verwys na huishulp?