Het julle besef die Broederbond was basies die Afrikaanse Illuminati?
Ek het onlangs bietjie in ons geskiedenis begin delf (spesifiek die samesmelting van die staat en die kerk tydens apartheid) en ek is redelik stomgeslaan. Ons was letterlik deur 'n shadow government beheer.
Die Afrikaner Broederbond klink soos iets uit 'n mal samesweringsteorie. Hulle was 'n streng geheime klub wat agter toe deure gesit en basies elke aspek van die land beheer het. Hulle het die media, die banke, die onderwysstelsel en die NG Kerk heeltemal geïnfiltreer. Elke liewe eerste minister en president was 'n lid. Hulle het die land se wette uitgedink lank voordat die parlement eers 'n woord daaroor gerep het.
Dit is presies hoe mense die Illuminati beskryf (net met meer dominees en Calvinisme). Dit maak skielik soveel sin as jy kyk na hoe daardie streng Christo-fassistiese ideologie in almal se koppe ingeprent is. Alles is beplan om daardie spesifieke en rigiede kultuur op almal af te dwing.
Dit voel regtig asof hierdie massiewe deel van ons geskiedenis net onder die mat ingevee word.