u/Significant-Hand-819

KI is n’ goeie ding vir musiek in die langtermyn

Vandat Jakkalsvibes opslae gemaak het met sy “musiek” probeer elke Jan Rap en sy Maat met ‘n basiese begrip van dwangrym ook nou hierdie nuwe KI musiekgolf ry. Mens sien orals hierdie middelmatige KI kak wat orals oppop. Dit klink alles dieselfde en dit klink ook soos al die generiese kak “regte” afrikaanse popmusiek wat in mense ore ingeforseer word as jy in n’ publieke plek in Snorcity inloop. Suno AI gebruik hierdie bestaande musiek as bloudruk vir KI musiek. As jy mooi luister sal jy bekende kunstenarars se idiosinkratiese sangstyle in die KI musiek hoor.

In iedergeval, hier is die punt van my post. KI is goed vir musiek. Ekonomie 101: supply and demand. Laat al hierdie fokkers die mark flood met hulle kak KI tos. Die supply gaan so groot wees dat daar geen meer demand vir hierdie kak gaan wees nie, en ook nie vir die ouer generiese en verbeeldinglose pop musiek waarop dit geskoei is nie.

Ek voorspel in die toekoms gaan die musiek wat KI nie kan na-aap nie baie waardevol word want die supply is min. Mense gaan moeg word vir generiese plastiek gemors en opregte musiek wat met regte instrumente bespeel word gaan in ‘n herlewingstydperk ingaan. Veral akoestiese instrumente gaan weer populer word en mense gaan weer ‘n kollektiewe waardering vir hierdie tipe musiek ontwikkel. Mense gaan uitgaan en na regte musiek luister en backtrack “kunstenaars” se populariteit gaan kwyn.

Ek het jare se ondervinding in die musiek industrie en hierdie is my voorspelling. KI gaan baie mense steeds fnuik en ek dink nie dit gaan heeltemal verdwyn nie want soos Valliant gesê het: die meeste mense is maar lekker zef. Maar ek hoop daar kom n’ groot herlewing in musiek wat met werklike instrumente bespeel word. n’ Mens mag droom…

reddit.com
u/Significant-Hand-819 — 3 days ago